Die Namib 100 bied ‘n fisiese en geestelike reis sonder gelyke, maar vir die entoesiastiese fotograaf is dit ook ‘n uiters seldsame en eksklusiewe geleentheid om een van die unieke natuurwonders van die wêreld op kamera vas te lê. Die wye woestyn vistas, unieke natuurverskynsels, flambojante flaminke en ruwe skeepswrakke bied ‘n verskeidenheid van fotografiese temas.